...

Tipiese Vrae

Algemene  Inligting

1. Wat is die FGR-aftreeoord?
Die FGR-aftreeoord is ‘n residensiële gemeenskap vir onafhanklike afgetredenes, wat veilige verblyf, ontspanningsfasiliteite en sosiale geleenthede in ‘n ondersteunende omgewing verkies.
2. Wie mag in die aftreeoord woon?
FGR is oop vir onafhanklike afgetredenes van 50 jaar en ouer wat in ‘n veilige en vriendelike gemeenskap wil woon.
3. Watter tipe verblyf is beskikbaar?
Voornemende inwoners kan ‘n 2- of 3-slaapkamer eenheid huur of onder ‘n deeltitelskema koop.
4. Mag besoekers oorbly?
Inwoners mag gaste laat oorbly, maar hulle moet aan FGR se gastebeleid voldoen.

Sekuriteit en Toegang

5. Hoe veilig is die aftreeoord?
FGR het ‘n beheerde ingangstelsel en sekuriteitswagte wat 24/7/365 aan diens is om ‘n veilige leefomgewing verseker.
6. Kan familie en vriende vrylik kuier?
Besoekers is welkom, maar hulle moet by die ingang aanmeld en aan sekuriteitsprotokolle voldoen.
Elke eenheid het sy eie parkeerplek en daar is bykomende parkeerplekke vir besoekers.
7. Is daar noodreaksiedienste?
Alle eenhede is toegerus met ‘n noodkommunikasiestelsel om sekuriteit of mediese dienste te kontak indien nodig.

Akkommodasie & Fasiliteite

8. Watter geriewe is by FGR beskikbaar?
Optiese vesel kabelkonneksie is beskikbaar vir Internet dienste.
FGR het ‘n gemeenskapsaal en ‘n biblioteek en inwoners kan tafeltennis, snoeker en gereelde sosiale byeenkomste geniet. Inwoners, sowel as buitepersone, kan die saal huur vir funksies en ander toepaslike gebruik.
9. Kan ek my eenheid verpersoonlik?
Eienaars mag wysigings aanbring met vooraf goedkeuring van die Raad van Trustees.
10. Is onderhoud van eenhede ingesluit?
Buite-instandhouding van eenhede en gemeenskaplike areas word voorsien en word deur die heffing gedek. Binne-instandhouding is die eienaar se verantwoordelikheid. FGR se onderhoudspersoneel is teen billike tariewe beskikbaar om eienaars te ondersteun met basiese instandhouding.
11. Word troeteldiere toegelaat?
Klein troeteldiere mag toegelaat word, onderhewig aan goedkeuring en nakoming van FGR se troeteldierbeleid.

Eienaarskap & Verhuring

12. Wat beteken dit om ‘n eenheid onder ‘n deeltitelskema te koop?
‘n Deeltitel beteken dat die eienaar die eenheid besit en verantwoordelikheid vir gemeenskaplike areas deel. ‘n Eienaar word ook ‘n lid van die regspersoon.
13. Wat is die koste verbonde aan die aankoop van ‘n eenheid?
Kostes sluit onder andere die koopprys, regskoste en maandelikse heffings vir instandhouding, dienste en geboue versekering in. Eienaars moet bevestig dat hulle tevrede is met die waardasie asook die verskeringsbedrag van hul eenhede en dat alles op die perseel, soos bv ‘n sonkragstelsel, verklaar en gedek is.
Versekeringseise moet by die FGR terreinbestuurder aangemeld word.
14. Kan ‘n eenheid gehuur word in plaas van om een te koop?
Daar mag huureenhede beskikbaar wees. Huurders moet aan FGR se reëls en regulasies voldoen.
15. Wat gebeur as ek my eenheid wil verkoop?
Eienaars kan hul eenheid teen markwaarde verkoop, onderhewig aan die relevante regulasies. Voornemende kopers moet aan FGR se ouderdom- en geskiktheidskriteria voldoen. Dit is wenslik dat eienaars te alle tye verseker dat die planne van hul eenhede nie net op datum is nie, maar ook goedgekeur is deur die relevante owerhede.

Gemeenskap en Sosiale lewe

16. Is daar gereelde sosiale aktiwiteite?
FGR organiseer sosiale byeenkomste en spesiale geleenthede om ‘n lewendige gemeenskapsatmosfeer te bevorder.
17. Hoe word die oord bestuur?
Die oord word bestuur deur ‘n Raad van Trustees, verkies deur die regspersoon, om toesig te hou oor bedrywighede en ‘n hoë lewenstandaard te verseker.
Algemene inligting is by die administratiewe kantoor op die terrein beskikbaar. Kantoorure is weeksdae van 09:00 – 12:00.
Vir terrein- en instandhoudingsinligting, kontak die terreinbestuurder.
Kantoorure is weeksdae van 09:00 – 15:00.
18. Het inwoners ‘n sê oor FGR-bestuur?
‘n Eenheidseienaar kan die resgpersoonvergaderings bywoon, oor besluite stem, en selfs as ‘n trustee verkies word.
Leefstyl & Dienste
19. Is mediese sorg op die perseel beskikbaar?
Alhoewel daar geen mediese fasiliteite op die perseel is nie, is noodreaksiedienste beskikbaar.
Indien ‘n inwoner se gesondheid verswak en addisionele sorg word nodig, kan privaat tuisversorgingsdienste gereël word. Wanneer voltydse versorging nodig word, sal ‘n inwoner genoodsaak wees om oor te skakel na ‘n toepaslike fasiliteit buite FGR.
20. Is daar vervoerdienste beskikbaar?
FGR het ‘n voertuig en bestuurder vir beperkte vervoerdienste beskikbaar vir inwoners teen markverwante vervoerkoste.
21. Kan ek aanhou werk terwyl ek in FGR woon?
Verskeie inwoners is steeds in diens of bedryf besighede.
22. Is daar reëls rakende geraas en stilte ure?
Om ‘n rustige omgewing te handhaaf, is stilte ure aangewys, tipies in die aand. Redelike sosiale byeenkomste en aktiwiteite word aangemoedig.

Scroll to Top
Seraphinite AcceleratorOptimized by Seraphinite Accelerator
Turns on site high speed to be attractive for people and search engines.