...

Inwoningvereistes

Minimum Ouderdom
Alhoewel die minimum ouderdom vir inwoners 50 jaar is, mag, in die geval van huweliksmaats, een van die inwoners jonger wees. Onder geen omstandighede mag ‘n derde persoon permanent in ‘n wooneenheid woon nie.
Inwoners word ten sterkste aangeraai om die toepaslike wetgewing en die oord se reëls in dié verband te raadpleeg.
Selfversorging
Inwoners moet onafhanklik en selfstandig kan funksioneer. Geen inwoner, ook nie enige afgetrede mediese personeel in die oord, of die Trustee: Maatskaplik, is gemagtig om by die versorging of fisiese of geestelike welsyn van inwoners betrokke te raak nie.
Die oord maak dus nie voorsiening vir die versorging van verswakte persone nie.
Etes
Geen etes word deur die oord voorsien nie, maar inwoners kan self met toepaslike verskaffers reëlings tref.
Hierdie vereistes is ingestel om die oord se fokus op ‘n onafhanklike leefwyse te handhaaf terwyl dit die welstand en harmonie van die gemeenskap verseker.

Scroll to Top
Seraphinite AcceleratorOptimized by Seraphinite Accelerator
Turns on site high speed to be attractive for people and search engines.